DIE WAARHEID, DIE VOLLE WAARHEID EN NIKS ANDERS AS DIE WAARHEID...[1] ALS GEBEUR VIR 'N REDE

Daar is 'n hele paar maniere van dink wat na vore kom in 'n manier van praat wat leef onder gelowiges; wat hulle met mekaar en ander deel asof dit die absolute waarheid vanuit God se eie mond is.  Dis meestal nie woorde wat in die Bybel teruggevind kan word nie, maar wat al so deel van mense se denke en geloof is, dat hulle seker is dat dit daar staan - of ten minste dat in die Bybel behoort te staan.